samilKo

oNS DIENSTE
LAAI INLIGTING AF
WAT ONS DOEN

Ons ondersteun melkprodusente

Samelko verteenwoordig jou, die melkprodusent, en jou belange in die suiwelbedryf. Ons bied ’n unieke diens aan wat geen ander organisasie in die Wes- of Oos-Kaap kan verskaf nie. Ons werk is op ’n hoogs professionele vlak. Ons doen ons werk met integriteit wanneer ons jou verteenwoordig in onderhandelings met melkkopers en ander in hierdie spesialisbedryf.

DIENSTE

Hoe kan ons help?

k

ONDERHANDEL

Prysonderhandelings:

Die prys van die melk speel die belangrikste rol in die winsgewendheid en volhoubaarheid van die plaaslike suiwelbedryf. Samelko is daarom gereeld in gesprek met bestaande en nuwe plaaslike melkkopers om markverwante melkpryse te onderhandel. Ons doen hierdie onderhandelings namens jou. Melkkomitees (wat bestaan uit verteenwoordigers van Samelko en melkkopers) dien op ’n forum wat gereeld vergader om hierdie prysonderhandelings te onderneem. Ons hoof- en tegniese bestuurder skakel ook gereeld met kleiner melkkopers vir wie formele melkkomitees nie van toepassing is nie om jou te teenoor hulle te verteenwoordig. 

Ons werk tans met die volgende 14 groot melkkopers in Suid-Afrika:

  • Lancewood
  • Lactalis (Parmalat)
  • Mooivallei Cheese
  • Coega Dairies
  • Sundale
  • Fair Cape
  • Fairview
  • La Montanara
  • Kleinrivier
  • Rhodes Food Group
  • Ladismith Cheese
  • Fairview
  • Roulou
  • Nestlé

Ons skakel en onderhandel ook met ander, kleiner melkkopers wat sake met ons lede doen, onder meer:

 

  • Woodlands
  • Saint Lawrence Jersey Dairy
  • Morning Milk
  • Zandam
  • Alfalfa
  • Jireh Dairies
o

LEWERING

Melkleweringsooreenkomste:

Samelko ondersteun jou in prysonderhandelings, sowel as met die ondertekening van melkleweringsooreenkomste met melkkopers om moontlike geskille te vermy. Vergoeding wat aan melkprodusente betaal word, word volgens ’n melkprysstruktuur bereken. Dié kan ingewikkeld wees en is deel van die leweringsooreenkoms met elke melkkoper. Ons trek daarom nuwe ooreenkomste op of hersien bestaande ooreenkomste met behulp van ons regsadviseurs.

?

KOMMUNIKEER

Volgehoue skakeling met melkkopers:

Ons verhoudings met gevestigde melkkopers is oor baie jare heen opgebou en ons geniet oop kommunikasie met hulle sodat ons jou kan ondersteun. Ons volgehoue skakeling met melkkopers namens ons lede sluit onderwerpe in soos gehalte, logistiek en swart ekonomiese bemagtiging in landbou.

/

IDENTIFISEER

Die identifisering van melkkopers:
Danksy ons betrokkenheid in en kennis van die bedryf identifiseer ons (en kry ons toegang na) moontlike alternatiewe melkkopers vir ons lede sodat ons markgeleenthede vir ons lede kan bewerkstellig.

R

TOETS

Tegniese bystand vir melkgehalte:

Ons bly (op formele en informele basis) in kontak met jou om te help om melktoetsresultate en melkstate dop te hou sodat ons jou kan ondersteun om die vereistes van die melkleweringsooreenkoms met die melkkoper na te kom. Ons neem melkmonsters wat by geakkrediteerde laboratoriums getoets word. Indien die toetsresultaat enige afwykings toon, kan ons tegniese adviseur aanbevelings maak en jou ondersteun om dit so gou as moontlik reg te maak. Samelko help lede om daaglikse gehaltevariasies te evalueer met ’n model wat ons spesifiek vir hierdie doel ontwikkel het.

BEHEER

Tegniese bystand vir kuddebeheer:

Samelko werk saam met die verskaffer van kuddebeheersagteware genaam Devisa. Dit beteken dat ons die sagtewareprogram goedkoper aan lede kan beskikbaar maak om produsente te ondersteun wat kleiner kuddes het en nie noodwendig duur sagteware kan bekostig nie.

TOEGANG

Toegang tot bedryfsinligting:

Samelko bly by met die nuutste neigings en nuus in die suiwelbedryf. Ons versamel bedryfsinligting en maak namens jou sin daarvan. Ons deel gereeld inligting met jou om jou winsgewendheid te ondersteun en te verseker dat jy ingeligte besluite kan neem.

ADVIESEER

Regsadvies:

Dit is in Samelko se grondwet vasgelê dat ons ’n mandaat het om as jou verteenwoordiger op te tree in die geval van regsgeskille en regsadvies aan jou te verskaf wat deur ons regsadviseurs verskaf word.

h

BESKERM

Etiese ondersteuning:

Samelko tree op as die custos morum (bewaker van die sedes) van ons lede se melkleweringsooreenkomste.

DIE SUIWELINDUSTRIE:

 Ander verteenwoordiging: 

Ons is nie net jou verteenwoordiger wanneer dit kom by melkkopers nie. Die suiwelbedryf bestaan uit ’n aantal ander bedryfsorganisasies en regeringsdepartemente en ons werk ook met húlle sodat jy kan voordeel trek.

Kontak ons

Oor ons

Our Dienste

Hulpbronne