Jou STEM in die

suiwelbedryf
SLUIT AAN BY SAMELKOKONTAK ONS
WIE ONS IS

Ons ondersteun melkprodusente

Ons ondersteun melkprodusente in die Wes- en Oos-Kaap en is julle stem wanneer dit by Suid-Afrikaanse melkkopers kom. As melkprodusent het jy ’n winsgewende markomgewing nodig. Dit verseker nie net jou suksesvolle bestaan nie, maar ook die toekoms van ons suiwelbedryf. Dís waar Samelko ’n verskil maak. As ’n landboukoöperasie wat deur jóú bedryf word, help ons om ’n mededingende mark vir jou te skep.

DIENSTE

Hoe kan ons help? 

VERTEENWOORDIG

Samelko verteenwoordig melkprodusente.

k

ONDERHANDEL

Ons onderhandel pryse
namens lede.

?

KOMMUNIKEER

Ons handhaaf kommunikasie met melkkopers ten opsigte van melkpryse.

/

IDENTIFISEER

Ons identifiseer en skakel met nuwe melkkopers namens lede.

o

LEWERING

Samelko verstaan ingewikkelde prysstrukture en leweringsooreenkomste.

TOEGANG

Ons het toegang tot die nuutste inligting oor pryse en markneigings.

y

PRAAT

Ons praat gereeld met lede oor sake in die suiwelbedryf.

ADVISEER

Samelko verteenwoordig lede
in geskille en kan
regsadvies verskaf. 

h

BESKERM

Ons bied lede melkleweringsooreenkomste wat melkprodusente beskerm om moontlike geskille te vermy.

Die suiwelbedryf

Ons is ’n klein gemeenskap in ’n groot bedryf

Suiwelboerdery mag dalk een van die wêreld se oudste bedrywe wees, maar dit bly een van die mees ingewikkelde. En tans ook een van die mees uitdagende in Suid-Afrika. As melkboer het jy baie dinge om aan te dink terwyl jy jou plaas bestuur, soos voerbeheer, jou diere se gesondheid, die stoor en vervoer van melk.

MELK PRODUKSIE

 

As melkprodusent het jy boonop nog ander faktore om in ag te neem, veral ingewikkelde prysstrukture wat jy onder die knie moet kry om jou winsgewendheid te verseker.

Dis hoekom jy ondersteuning benodig – jou onderhandelaar in die bedryf. Samelko verteenwoordig jou, veral in moeilike prysonderhandelings met melkkopers.

Landbou

 – Ons reikwydte –

400

Lede vervaardig jaarliks 400 miljoen liter melk

%

Dis 12% van die land se melkproduksie

195

Samilko lede, verteenwoordig die Wes- en Oos-Kaap

14

Ons skakel met 14 van die vernaamste melkkopers
Hoe ons verteenwoordigers geword het: 

 ’n Blik op die geskiedenis

Samelko het sy ontstaan ná die ineenstorting van die volstruisbedryf aan die begin van die 20ste eeu toe ’n aantal boere in die Bonnievale-gebied bymekaar gekom het om alternatiewe gebruike vir hul gevestigde lusernlande te ondersoek. Hieruit het die eerste koöperatiewe kaasfabriek ontwikkel, wat mettertyd uitgebrei is en met ander saamgesmelt het. Dit het uiteindelik gelei tot die stigting van landboukoöperasie Samelko in 1999.
LEES NOG OOR ONS GESKIEDENIS.

Kontak ons

Oor ons

Our Dienste

Hulpbronne