OOR ONS
ONS STORIE

Gestig in 1999

Samelko is ’n landboukoöperasie wat deur ons lede bedryf word. Ons is in Maart 1999 gestig en verteenwoordig vandag ongeveer 200 melkprodusente in die Wes- en Oos-Kaap. Ons lede vervaardig saam jaarliks ongeveer 375 miljoen liter melk, ongeveer 13% van die land se totale melkproduksie.

VIR MELKPRODUSENTE

 Ons doelwit

Ons doelwit is om ’n mededingende en winsgewende markomgewing vir melkprodusente wat Samelko-lede is te skep om hul vooruitgang te bevorder.

Samelko word bestuur deur ’n direksie wat die areas wat ons dien, verteenwoordig. Al ons direkteure is primêre melkprodusente. Ons bedrywighede word gefinansier deur ’n maandelikse heffing van 0,2% van lede se netto inkomste uit melkverkope. Samelko se kantoor is in Bredasdorp (by die Boshoff Visser-gebou) geregistreer en die koöperasie se personeel bestaan uit ’n hoof-, kantoor- en tegniese bestuurder.

LIGGING

 Waar werk ons?

SUID AFRIKA

 Samelko se diensgebied word soos volg verdeel:  

Oos-Kaap

Oos-Londen | Oos van Gqeberha (voorheen bekend as Port Elizabeth) | Wes van Gqeberha, insluitende Tsitsikamma

Wes-Kaap

George-streek | Heidelberg-streek | Swellendam-streek | Bredasdorp-streek | Caledon-streek

Kontak ons

Oor ons

Our Dienste

Hulpbronne